top of page
Search
Writer's pictureandreastenekamp

11. Jesus word begrawe


Lees Johannes 19:38-42

38Hierna het Josef van Arimatea, wat 'n dissipel van Jesus was maar in die geheim, omdat hy vir die Jode bang was, vir Pilatus gevra of hy die liggaam van Jesus mag neem. Pilatus het sy toestemming gegee. Josef het toe gegaan en sy liggaam weggeneem.

39Nikodemus, wat 'n keer in die nag na Jesus toe gekom het, het ook gekom en 'n mengsel van omtrent vyftig liter mirre en aalwyn gebring.

40Hulle het die liggaam van Jesus geneem en dit met die geurolie behandel en in doeke toegedraai, soos dit die gebruik van die Jode was om iemand vir die begrafnis uit te lê.

41By die plek waar Jesus gekruisig is, was daar 'n tuin en in die tuin 'n nuwe graf waarin daar nog niemand begrawe was nie.

42Daar het hulle Jesus begrawe, omdat die sabbatdag vir die Jode al amper aangebreek het en die graf daar naby was.


Vandag is Stil Saterdag die dag waarop ons stilword en na dink oor Jesus wat die doderyk binne gegaan het. Gebruik vandag vir stilwees. Hier is 'n paar teksgedeeltes om mee stil te word.


Die Heidelbergse Kategismus oor Jesus se dood.

Vraag 41: Waarom is Hy begrawe?

Antwoord: Om daarmee die versekering te gee dat Hy werklik gesterf het (a). (a)Hand 13:29; Matt 27:59, 60; Luk 23:53; Joh 19:38.


Vraag 42: As Christus dan vir ons gesterf het, waarom moet ons ook nog sterwe?

Antwoord: Ons dood is nie 'n betaling vir ons sondes nie (a), maar slegs 'n afsterwe van die sondes en 'n deurgang tot die ewige lewe (b). (a)Mark 8:37; Ps 49:8. (b) Fil 1:23; Joh 5:24; Rom 7:24.


Vraag 43: Watter nut verkry ons nog verder uit die offer en dood van Christus aan die kruis?

Antwoord: Deur sy krag word ons ou mens saam met Hom gekruisig, gedood en begrawe (a). Gevolglik kan ons sondige begeertes nie meer oor ons heers nie, (b) maar kan ons onsself as 'n dankoffer aan Hom toewy (c). (a)Rom 6:6. (b) Rom 6:6, 12. (c) Rom 12:1.


Vraag 44: Waarom volg daar: en neergedaal het na die hel?

Antwoord: Sodat ek in my swaarste aanvegtinge verseker kan wees en myself volkome kan vertroos dat my Here Jesus Christus my van die hel se benoudheid en pyn verlos het (a). Hierdie verlossing het Hy bewerk deur sy onuitspreeklike angs, smarte en verskrikking (b) wat Hy ook aan sy siel deur sy hele lewe, maar veral aan die kruis gely.het. (a)Jes 53:5. (b) Ps 18:5, 6; 116:3; Matt 26:38; 27:46 Heb 5:7





Wees stil en weet:

"Wees stil en weet: Ek is die Heer. Ek spreek, en wind en golwe bedaar, Ek sal ook jou getrou bewaar.

"Wees stil en weet: Ek is die Heer. Ek ken jou pyn, jou donkerste nag. Ek is by jou, Ek gee jou krag.

"Wees stil en weet: Ek is die Heer. Kom bring na My jou kommer en vrees. Ek sal vir jou 'n toevlug wees.

"Wees stil en weet: Ek is die Heer. Bly waak en bid; volhard in geloof. Ek is by jou soos Ek beloof."

(Liedboek van die Kerk, 519:1-4)

160 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page