top of page
Search
Writer's pictureandreastenekamp

3. Pilatus was sy hande


Lees Johannes 18:33-38 en Matt 27:22-25

33Pilatus gaan toe weer in die goewerneur se paleis en roep Jesus en sê vir Hom: Is U die Koning van die Jode?

34Jesus antwoord hom: Sê u dit uit uself, of het ander u dit van My gesê?

35Pilatus antwoord: Is ek dan 'n Jood? U volk en die owerpriesters het U aan my oorgelewer. Wat het U gedoen?

36Jesus antwoord: My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie; as my koninkryk van hierdie wêreld was, sou my dienaars geveg het, dat Ek nie aan die Jode oorgelewer word nie. Maar nou is my koninkryk nie van hier nie.

37Pilatus sê toe vir Hom: Is U dan tog 'n koning? Jesus antwoord: U sê dat Ek 'n koning is. Hiervoor is Ek gebore en hiervoor het Ek in die wêreld gekom, om vir die waarheid te getuig. Elkeen wat uit die waarheid is, luister na my stem.

38Pilatus sê vir Hom: Wat is waarheid? En toe hy dit gesê het, gaan hy weer uit na die Jode en sê vir hulle: Ek vind geen skuld in Hom nie.

39 Maar julle het 'n gewoonte dat ek vir julle op die pasga iemand moet loslaat; wil julle dan hê dat ek vir julle die Koning van die Jode moet loslaat?

40Toe skreeu hulle almal weer en sê: Nie vir Hom nie, maar Barábbas! En Barábbas was 'n rower.

Matt 27:22-25

22Pilatus sê vir hulle: Wat moet ek dan doen met Jesus wat genoem word Christus? Hulle sê almal vir hom: Laat Hom gekruisig word!

23En die goewerneur sê: Watter kwaad het Hy dan gedoen? Maar hulle skreeu nog harder en sê: Laat Hom gekruisig word!

24En toe Pilatus sien dat niks help nie, maar dat daar eerder 'n oproer kom, het hy water geneem en sy hande voor die skare gewas en gesê: Ek is onskuldig aan die bloed van hierdie regverdige man; julle kan toesien!

25En die hele volk antwoord en sê: Laat sy bloed op ons en op ons kinders kom!

Jesus se koninkryk is veel anders as wat ons selfs vandag dink dit is. Jesus se koninkry het te doen met intieme verhoudings. Ons verhouding met God en ons verhouding met die mense om ons, is waaroor Jesus se koninkryk gaan. Daar waar Jesus se liefde regeer!

So wat het Jesus dus bedoel toe Hy van God se koninkryk gepraat het? Jesus sê dat die tyd vir die koninkryk aangebreek het en dat dit naby gekom het. Maar wat het Jesus se tydgenote gedink waarvan praat Hy? Hulle sou onmiddellik aan drie dinge gedink het: koning, land en burgers. Onthou Israel was onder die Romeine. Wat Jesus sê, beteken vir hulle dat die Romeine omver gewerp sal word.

Maar Jesus bedoel iets anders. Hy bedoel dat God se gemeenskap van Israel verder oor die hele wêreld versprei. Jesus verwys ook na die kerk as die gedeeltelike en onvolmaakte manifestasie van die koninkryk van God. Vir Hom beteken die koninkryk die hele wêreld wat God se droom beliggaam. Hy dink aan my en jou wat saam in ‘n gemeenskap lewe soos ons as gelowiges behoort te doen.

Geloofsgewoonte: Neem verantwoordelikheid op.

  • Kyk na jou hande. Verbeel jou jy sien al daardie dinge waaroor jy sleg voel. Of wat onsigbare letsels gelaat het waaroor jy skaam is, of dinge waarvoor jy verantwoordelikheid moes neem, maar nie het nie.

  • Gebruik die geleentheid om jou hande te was – nie om soos Pilatus van verantwoordelikheid en skuld te vlug nie, maar as ’n gebaar om verantwoordelikheid te aanvaar, berou te toon en te pleit om genade.

  • Al is ons in isolasie, het ons 'n verantwoordelikheid as christene om te leef soos christene. Wees, leef dus die verandering wat jy graag wil sien! Dink aan die rol wat jy kan speel in die Liggaam van Christus, die kerk, in die gemeente van Christus in Vanrhynsdorp om Jesus se koninkryk konkreet te maak.

  • Wat is jou verantwoordelikheid in die gemeente?



Gebed:

Ek bid vir die genade van

’n diepe bewussyn van U vergifnis in my lewe.

236 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page