top of page
Search
Writer's pictureandreastenekamp

8. Jesus en die misdadigers

Lees Lukas 23:39-43 39Een van die misdadigers wat daar gehang het, het Hom gelaster deur te sê: “Is jy dan nie die Christus nie? Red jouself en ons ook!” 40Maar die ander een het hom tereggewys en gesê: “Is jy nie bang vir God nie? Jy ondergaan tog dieselfde straf as hierdie man! 41In ons geval is dit regverdig, want ons ontvang die verdiende straf vir ons dade. Maar hierdie man het niks verkeerds gedoen nie.” 42Verder sê hy: “Jesus, dink aan my wanneer U in u koninkryk kom.” 43Jesus antwoord hom: “Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees.” Die middelpunt van die kruisverhaal is hierdie toneel met die gelowige misdadiger. Dit wys die blye laaste moontlikheid, dat die dood van Jesus ’n laaste geleentheid vir bekering selfs in die laaste minute bied. Met die bekeerde misdadiger, die volgelinge van Jesus, en die Romeinse soldaat, skep die Here die nuwe volk van God daar aan die kruis. Die bekeerde misdadiger wat weet Jesus is onskuldig vra nie dat Jesus hom moet help om die kruisdood te vermy nie, maar hy hoop op die toekoms. Hy dra sy kruisdood en Jesus dra hom deur sy pyn en lyding met die woorde: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees.

Stil word: •Jy ken dalk self nie eens alles wat in jou hart aangaan nie, maar jy weet wel watter dinge daar is wat Jesus moet raaksien en van jou moet weet. •Sit voor 'n spieël en kyk na jou weerkaatsing. Kyk na jou oë. Wat dink jy sal Jesus vir jou sê? •Hoor jy ook: “Jy sal saam met My in die paradys wees”?


Geloofsbelydenis Mag ons op ons knieë gaan midde die storms van ons lewens, en bely:

ek glo; - ek glo dat die Here Jesus my ook met Sy kruisdood vrygekoop het van alle skuld en straf wat ek met my sondes by God verdien het; - en ek glo dat Hy altyd by ons is soos wat Hy belowe het en dat die Heilige Gees selfs binne in my woon en werk; - en ek glo dat Hy nooit slaap nie en altyd oor my wag hou; - en ek glo dat Hy my so sal bewaar dat daar selfs nie een haar van my kop sal val as Hy dit nie vir my goedvind nie; - en ek glo dat die verloop van my lewe die roete is waarmee die hemelse Vader my na die ewige saligheid, wat Jesus vir my verdien het, lei en dat ek veilig daar sál aankom, al is die reispad partykeer hoe moeilik en steil. Amen

86 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page